| Kwelvrae | Wat is Woes? | Adverteer | Publiseer jou skryfwerk | Registreer | Teken In





Skrywers : Anton Smith



0-9 - A - B - C - D - E - F - G - H - I - J - K -
L - M - N - O - P - Q - R - S - T - U - V - W -
X - Y - Z

Anton Smith



E-pos die skrywer
E-pos my as hierdie skrywer werk instuur
12 mense volg hierdie skrywer se werk

Lid vir 2 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 17 ure

Lees meer oor Anton Smith

Anton Smith is `n vryskut stemkunstenaar, skrywer, sanger, akteur en motiveringspreker van Bloemfontein. Hy is op 2 November in Port Elizabeth gebore en het in Bloemfontein grootgeword. Na sy matriek aan Grey-kollege, het hy vir twee jaar in die SALM se Kanaries gesing. Daarna is hy Stellenbosch toe waar hy `n graad in Drama studeer het. In 1983 sluit hy by die SAUK aan as nuusjoernalis. Ses maande later begin hy as radio-omroeper by die destydse Afrikaanse Radiodiens in Durban.
Anton het twee uitsaairekords agter sy naam: Sy wêreldrekord as eerste persoon wat `n regstreekse wêreldwye uitsending op SCUBA gedoen het, staan vandag nog. Daarna het hy ook die eerste persoon geword wat `n regstreekse radio-uitsending vanuit die diepste myn op die aarde (Western Deep Levels, Carltonville, op 3777m) gedoen het.
As radiosramaregisseur, speler en skrywer het hy ook sy merk gemaak. Anton het `n ATKV-toekenning ontvang vir sy hoorbeeld, "Die Uilvrou van Bethesda", `n klankbeeld oor die lewe van Helen Martins van Nieu-Bethesda. As die Afrikaanse stem van Dylan (Luke Perry) in Beverley Hills 90210, het hy in die jare '90 ook diep spore getrap in die oorklankingsbedryf in Johannesburg. Hy het verskeie rolle in `n groot aantal oorgeklankte tv-reekse vertolk.
In 1997 sluit hy by OFM aan as Programbestuurder, en verruil dit 3 jaar later vir die boekebedryf. In 2005 gaan hy na Detroit, Michigan, waar hy kuns studeer en daarna as kunsafslaer op passasierskepe wêreldwyd werk.
Anton is terug in Bloemfontein waar sy twee dogters woon. Hy regisseer tans musiek-, en videoproduksies; skryf vir die Passi-tydskrif, draaiboeke, radio advertensiekopie, kortverhale, romans en gedigte; speel in musiek- en dramaproduksies, doen video- en TV-aanbiedings; gee klas aan die Vrystaatse Universiteit; en tree op as motiveringspreker. Hy is ook die leierpastor van The Full Family Church in Bloemfontein (www.fullfamilychurch.co.za).
In Oktober 2008 ontvang hy die Vodacom Toekenning as Tydskrifjoernalis van die Jaar in die Vrystaat en Noord-Kaapland met sy artikel oor dwelmverslawing.
Die lewe is vir Anton iets spesiaals. Sy motto is: Doen aan ander soos wat jy aan jouself gedoen wil hê.
Sy gunsteling boeke: Tuesdays with Morrie, One Last Day, The Secret en Die Bybel.

My Woes vriende



Skrywer se groepe
Bloemfontein kuiergroep


Werk publiseer deur die skrywer

D = Werk saam met ander skrywer publiseer


Totale - Statistieke 1 uur oud
Totale werk publiseer: 46
Totaal gelees: 34,507
Totaal kommentaar: 136

Artikels deur die skrywer Klik hier vir hulp
The Golden Compass

Kortverhale deur die skrywer Klik hier vir hulp
`n Laaste kans
Gebreekte vlerke
s.o.s.
Die Kersspel
`n Kersbrief aan my beminde.
   Wys al 14 kortverhale   Wys meer

Gedigte deur die skrywer Klik hier vir hulp
Sorry dan
Lekhart
Duingod
Dagboek van `n vuurtoringwagter
Viriel Taktiel
   Wys al 31 gedigte   Wys meer


297 gebruikers aanlyn
14 lede aanlyn

Laaste werk in:
00:11:49
Wys alle nuwe werk

Teken In
E-pos adres:
Wagwoord:




Woes Gunstelinge
Goedkoop Versekering
Lewensversekering
GNN - Gebedsgroep
WoesBlog Forums
Spraar tot 25% op versekering