| Kwelvrae | Wat is Woes? | Adverteer | Publiseer jou skryfwerk | Registreer | Teken In





Skrywers : Aap sonner hart



0-9 - A - B - C - D - E - F - G - H - I - J - K -
L - M - N - O - P - Q - R - S - T - U - V - W -
X - Y - Z

Aap sonner hart



E-pos die skrywer
E-pos my as hierdie skrywer werk instuur
25 mense volg hierdie skrywer se werk

Lid vir 3 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 21 ure

Lees meer oor Aap sonner hart

Ongelukkig begin Aap ook nou met 'n A, so ek is ietwat bo-aan die lys. Mmm. Nou moet ek 'n goeie ding maak van die eer...

Errmmm...

(dis nou die gevoel wat jy kry as die spotlight so deur die gehoor gaan en ewe skielik op jou val, en die ou op die verhoog wys na jou toe, en almal smaail, en nou moet jy iets sę...)

Eeehhm. Ja....eehm..., wel ek dink net partykeer dat ek nie mooi weet hoekom alles uitdraai soos dit uitdraai nie. Jy weet, dis moers snaaks hoe die lewe jou neem, hoe die lewe vat, hoe dit gee.

Eehhm.. . . . nog? ok...

Ja, ek dink baiekeer daaraan dat ek 'n supermens moet wees, maar in my binneste weet ek daas nie 'n kans nie, ek was lank genoeg so, en dit maak my moeg en mal.

So as ek 'n perdalk deurmekaar/aanmekaar opdinges, frankly, so be it. Wie de hel weet wat more gebeur. Ek kan more die lotto wen, ek kan more my eie goudvis spontaan lat verstik deur my eie stupitgeit, wie weet.

Doen wat jou hande vind om te doen en wat jou kop sę. Mens worry so erg oor wat miskien verkeerd kan loop jy doen nooit niks nerens nie, en as jy tagtig is, is jy de moer in vir jouself oorlat jy boggerol gedoen het terwyl jy deur vrees platgeslaan was.

Doen liewer goed as kwaad, maar niemand van ons is predikant wit nie, so moenie dat jou oor-ge-oefende Afrikaanse gewete jou ry nie.

Oe! Wat dink mense van my! Oe! Wat dink my vriende van my! Bogger daai stront. Op die ou end van die dag lewe jy met jouself die meeste, en jy kan jou eie beste vyand word in no time flat.

So leef jou lewe, want as mens 'n liniaalstreep trek deur alle mense, is jy wragtag nie so sleg af, sleg, dom, lelik, of seksueel onaantreklik as wat jy dink nie. (joke oor die seksueel aantreklik, nou die dag het 'n koei suggestief na my gekyk, en dit was 'n aai-opener)

Sorrie... ophou? Was dit die koei ding? okay, .nou maar dankie dan...

(...en die musiek gaan aan, ek sit tot vele danke terug in my plastic seat, en word weer deel van die donker gehoor)

Ek hou my glattie voor as 'n literere (hoevil re-re-re is daar?) mens nie, en als wat ek skryf in ingewing vannie oomblik, en totaal net breinlekkings. En as die brein erg lek verander ek ongelukkig bietjie na 'n "rant en raver". Miskien moet ek maar 'n kursus vat. ... Njaa... miskien nie, ek laik die sommer-net-skryf ding. Dit is lekker as inspirasie slat once in a while, en dan laaik en on dit leeg te suig soos 'n lemoen halftyd in 'n rugbywedstryd. (die ander span mors altyd die bleddie wateremmer vol gras)

Lekker dag, en doen iets vandag wat jou moerse cool sal lat voel. Ek dare jou...

Aap.

My Woes vriende



Werk publiseer deur die skrywer

D = Werk saam met ander skrywer publiseer


Totale - Statistieke 1 uur oud
Totale werk publiseer: 89
Totaal gelees: 98,266
Totaal kommentaar: 284

Artikels deur die skrywer Klik hier vir hulp
Die opstanding stories
Indoktrinasie van kinders
Dood, vrek, geraamte...
Kom ons bom die maan!
Verwar ons “commin sense” met godgegewe antwoorde?
   Wys al 11 artikels   Wys meer

Gedigte deur die skrywer Klik hier vir hulp
vyf piksels blou
strooptog
kiekie-kikker
die verste ompad terug
Buffet bravado
   Wys al 75 gedigte   Wys meer

Happies deur die skrywer Klik hier vir hulp
Kief musiek videos
Die godsdom in verskeie glories
Die Sjinese Generaal


296 gebruikers aanlyn
15 lede aanlyn

Laaste werk in:
00:22:32
Wys alle nuwe werk

Teken In
E-pos adres:
Wagwoord:




Woes Gunstelinge
Goedkoop Versekering
Lewensversekering
GNN - Gebedsgroep
WoesBlog Forums
Spraar tot 25% op versekering